Bejaardes van ONS TUIS Emily Hobhouse kan nadese hierdie koue winter met ʼn lekker warm kombers trotseer. Die Nederduitsch Hervormde Kerk Montana-Oos, wat gereeld by hierdie tehuis betrokke is, het 36 komberse aan inwoners geskenk. Die gemeente se predikant, dominee Frikkie van Wyk, het verduidelik dat hulle die behoefte vir komberse vir die winter raakgesien het. Sommige bejaardes wat in Emily Hobhouse tuisgaan, is slegs van ʼn staatspensioen afhanklik en het gevolglik hierdie skenking met groot dankbaarheid ontvang.

