Goeie nuus vir jagters! Ons Tuis Piet Potgieter in Mokopane se jagkompetisie word tot Vrydag 3 Julie 2020 uitgestel.
Met die kompetisie kan een van twee jagpakkette of een wildsvleispakket gewen word.
Op die spel is ‘n jagpakket wat ‘n blouwildebees-, blesbok- en rooibokjaggeleentheid met drie nagte gratis verblyf insluit, of ‘n pakket wat ‘n jagnaweek vir vier persone en twee rooibokke insluit. Nie-jagters kan die vleis van een vier rooibokke uit Lephalale wen.
Die fondse wat ingesamel word, sal aangewend word vir die versorging van die bejaarde inwoners van Ons Tuis Piet Potgieter.
“Om soveel as moontlik mense die geleentheid te gee om vir die kompetisie in te skryf, het ons besluit om die inskrywingsdatum te verleng tot komende Vrydag,” sê mev. Mariana van Tonder, die bestuurder van Ons Tuis Piet Potgieter. “Ons tehuis is tydens die inperking onder finansiële druk omdat ons nie soos gewoonlik fondsinsamelingaksies kan aanbied nie. Aangesien ons tehuis in die jag- en wildsomgewing is, het ons gevoel dat so ‘n kompetisie ideaal is om fondse in te samel, maar steeds ons inwoners te beskerm.”
Ons Tuis Piet Potgieter is baie dankbaar vir die boere van Limpopo wat so gaaf was om hierdie pryse te skenk, sodat ons uit die wins kan voorsien in ons bejaardes se behoeftes.
Kaartjies vir die kompetisie is beskikbaar by hierdie skakel teen R200 per kaartjie. Daar is geen beperking op die hoeveelheid kaartjies per persoon nie. Die kompetisie sluit op 3 Julie 2020.
Vir media navrae kontak:
Daleen De Jager Gouws – Kommunikasie/Bemarking: Ons Tuis
Sel: 081 233 8351
Mariana van Tonder – Bestuurder: Ons Tuis Piet Potgieter
Sel: 082 804 6854